Openbare kennisgewing wat besware teen tweede (3de) aanvullende waardasielyste aanvra
KENNIS GESKIED HIERMEE KRAGTENS DIE BEPALINGS VAN ART 49(1) (A) (I) SAAMGELEES MET ART 78(2) VAN DIE PLAASLIKE OWERHEDE: MUNISIPALE EIENDOMSBELASTING WET VAN 2004 (WET 6/2004 )Kennis geskied hiermee kragtens die bepalings van art 49(1) (a) (i) saamgelees met art 78(2) van die Plaaslike Owerhede: Munisipale Eiendomsbelasting Wet van 2004 (Wet 6/2004 ) hierna verwys as die “Wet” dat die derde (3de) Aanvullende Waardasielys(te) vir die boekjare Julie 2011 – Junie 2012 ter insae lê vir openbare inspeksie by die onderskeie munisipale kantore en biblioteke binne die munisipale grense sowel as die Raad se webwerf by www.plett.gov.za vanaf: 30 September 2011 tot 31 Oktober 2011
Geliewe kennis te neem dat enige eienaar van vaste eiendom of enige ander persoon kragtens die bepalings van art 49(1) (a) (i) saamgelees met art 78(2) van vermelde wet ‘n beswaar binne bovermelde tydperk kan indien by die Munisipale Bestuurder ten opsigte van enige aangeleentheid of uitsluitsel rakende die eiendomswaardasielyste.
U aandag word spesifiek gevestig op die bepalings van artikel 50(2) van die wet wat bepaal dat ‘n beswaar na‘n spesifieke eiendom moet verwys en nie na die waardasielys per sé nie.
Die voorgeskrewe beswaarvorm is beskikbaar by die onderskeie munisipale kantore en biblioteke binne die munisipale grense en/of webwerf www.plett.gov.za
Die voltooide vorm moet terug besorg word aan die :Wnde.Munisipale Bestuurder
Navrae kan gerig word aan:Die Projekbestuurder: Tel nr. 044 874 5095 / 076 768 0453 of e-pos freddiejvr@vodamail .co.za
Hierdie Kennisgewing het vir die eerste keer op 23 September 2011 verskyn.
Wnde.Munisipale Bestuurder
Munisipaliteit Bitou
P/Sak X 1002
PLETTENBERG BAAI
6600




